<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nathan lewe so normaal as moontlik

 

Nolene en Nathan Hogan.

News : 26 Feb 2015 132 Viewed By Mariska Ehlers 0

LEPHALALE – Hierdie jaar het die bekende kankerlyertjie, Nathan Hogan (5) graad R toe gegaan soos ‘n gewone kind, vertel sy ma, Nolene Hogan.
Nathan veg al vir die laaste 18 maande ‘n stryd teen ‘n rare tipe kanker, wat as graad 4 neuroblastoom kanker bekend staan. Nathan het verskeie gewasse agter sy hartjie, nek en baie naby aan sy rugstring wat gewone bestraling onmoontlik maak. In April verlede jaar het dokters Nathan na twee en ‘n half maande se onsuksesvolle behandeling in die Steve Biko hospitaal in Pretoria huis toe ge-stuur sonder enige hoop vir herstel.
Sedertdien probeer die gesin elke moontlike natuurlike behandeling en doen ernstig navorsing oor hoe om Nathan te red. Daar was sprake van ‘n spesialis in die VSA wat pasiënte met ’n spesiale proton-bestraling behandel, maar intussen het die dokters laat weet die kanker is te ver gevorder.
“Ons het so rukkie terug weer gegaan vir skanderings, wat gewys het dat twee van die gewasse groter geword het en sy een long ook vergroot het,” sê Nolene, “ten spyte van dit, gaan Nathan aan.”
Sy sê dat die dokters haar aangemoedig het om vir Nathan vir tyd en wyl eers weer met chemo-pille te behandel – die weeklikse pille help om sy lewe te verleng. Ongelukkig maak die behandeling dit onmoontlik vir Nathan om skool te gaan, omdat hy baie vatbaar is vir kieme. Ten spyte daarvan laat Nolene steeds vir Nathan elke dag sy graad R werkstukkies klaarmaak.
Nolene sê dit is lekker om alledaagse dinge te doen soos normale mense. “Dit is nie nodig vir ons gesin om ‘wow’ oomblikke te hê elke dag nie, dit is vir ons ‘wow’ genoeg om net elke dag rustig en gewoon bymekaar deur te bring.”
Sy sê hulle vat elke dag soos dit kom en is dankbaar vir elke oomblik wat hulle saam het Nathan kan spandeer.
Lees Nolene se brief oor hoe om meer bewus te wees van die gevare van kanker in kinders op: www.noordnuus.co.za (tik net die woord ‘Nathan’ in by die soek funksie).

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube