<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

GPF werk vir ’n goeie saak - Eloff

 
News : 26 Feb 2015 183 Viewed By Mariska Ehlers 0

LEPHALALE - Individue wat names die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF)
optree, maar nie lede van die GPF is nie, veroorsaak groot verwarring in die Lephalale omgewing. Dit was een van die bekommernisse tydens verlede Donderdag se maandelikse GPF vergadering.
Tydens die vergadering het dit aan die lig gekom dat individue wat nie lede van die GPF is nie, hulself voordoen as lede en dan buite die wet en buite die GPF se riglyne
optree. So word die GPF se reputasie dan beskadig en vertroue word geskaad.
GPF voorsitter, Thys Eloff, het genoem dat hoewel die GPF en die Buurtwag in Lephalale vir dieselfde doel werk – die voorkoming van misdaad – is die twee organisasies aparte entiteite. Alhoewel die publiek aan beide organisasies kan behoort, moet elke organisasie se riglyne eerbiedig word.
Plaaslike boere wat die GPF-vergadering bygewoon het, het weereens beaam hoe broodnodig hulle die GPF se beheerkamer het. Hulle het genoem dat die diens wat hulle by die GPF ontvang hulle beïndruk en een boer het gesê dat diens wat inwoners wat vêr van die dorp afbly ontvang, van on-skatbare waarde is.
Eloff het gesê dat die Buurtwag en die GPF "albei bestaansreg het" in Lephalale en in die belang van die gemeenskap optree. Hy het beaam dat die GPF lanklaas so 'n goeie verhouding met die polisie en nood-dienste gehad het.
Voortaan sal geen borde, identiteit plakkers of –magnete oorhandig word mits die persoon wat dit wil aankoop ’n volwaardige lid van die GPF is nie

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube