<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Begroting in 'n neutedop

 
News : 26 Feb 2015 617 Viewed By Jasper Raats 0

Die minister van finansies, Nhlanhla Nene het geen doekies omgedraai oor die noodsaaklikheid om Suid-Afrika se ekonomie weer aan die gang te kry tydens sy begrotingsrede in die parlement Woensdag nie. Hy het erken dat beurtkrag ekonomiese groei lamlê deur ‘n negatiewe impak op alles, van industriële aktiwiteite soos mynbou tot op huishoudelike vlak. Daarom voorspel hy net 2% ekonomiese groei vir SA vir 2015.
Om staatsbesteding in te kort het Nene nie-kritiese aktiwiteite soos spyseniering en vermaak asook reis en verblyf begrotings van staatsamptenare en instansies afwaarts aangepas, maar daar is voorsiening gemaak vir meer geld vir skoolhandboeke, medisyne, brandstof vir polisie voertuie en onderhoud aan infrastruktuur.
Hoewel persoonlike belasting met 1% styg en brandstof swaarder belas gaan word, is daar nie ‘n verhoging in BTW soos in party kringe gevrees is nie.
Nene het ook aangekondig dat dit voort-aan makliker gaan wees vir individue en besighede om met die Staat besigheid te doen. Vanaf April gaan daar ‘n verskaffer databasis op die been gebring word waarvoor verskaffers eenmalig hoef te registreer. Die databasis sal elektronies met SARS, die Maatskappye en Intellektuele Eiendomskommissie en die ‘payroll’ stelsel gekoppel wees, so dit sal onmiddelik 'n verskaffers se belasting en SEB status kan bevestig. Dit, sê Nene, sal die administratiewe druk op klein- en mediumbesighede aansienlik verlig.
Klein besighede met ‘n omset van minder as R335 000 'n jaar sal vrygestel wees van belasting. Oordragkoste sal nie betaalbaar wees op eiendomme onder R750 000 nie.
Rokers gaan 82c meer belasting op ‘n pakkie van 20 sigarette betaal en wyn en bier gaan so 15c per 750ml  bottel duurder wees.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube