<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Weerlig laat man kritiek

 
News : 06 Mar 2015 169 Viewed By Martie Le Grange 0

Conrad Meyer, ‘n bekende boomkapper van Mokopane, is in ‘n bedenklike toe-stand in die Mokopane Hospitaal se intensiewe sorgeenheid na 'n weerligstraal tydens verlede Vrydag se donderstorm deur ‘n weerligstraal geaffekteer is.
Meyer, in sy veertigs, was volgens ‘n familielid besorg oor sy diere op sy kleinhoewe buite die dorp en wou hulle teen die hael beskerm toe ‘n weerligstraal direk langs hom die grond tref. Meyer het op die grond geval.
Sy vrou, Elna het hulp ontbied deur met die plaaslike buurtwag in verbinding te tree deur middel van ‘n twee rigting radio. Buurtwag lede was kort ná die voorval op die toneel, gevolg deur paramedici wat hom gestabiliseer en na dr V. Els se spreekkamer gehaas het.
Paramedici is aangesê om die pasiënt na Mokopane hospitaal te vervoer. Die erg beseerde Meyer is Dinsdag per helikopter na ‘n hospitaal in Polokwane oorgeplaas omdat dokters vermoed het hy het bloeding op die brein. Laasgenoemde kon egter nie bepaal word nie en Meyer is intussen weer terug na Mokopane hospitaal waar hy verder behandel word. Hy is steeds kritiek.
"Hy is regtig bemin in Mokopane," sê Elna. Sy bedank almal wat die gesin bystaan.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube