-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Dames van verskeie VLU takke in die Bosveld streek het Woensdag bymekaar gekom vir die 20ste konferensie in hierdie area.
Die motiverende spreker, Lynette Beer, het die dames meer vertel van die verskillende temperamente van mense en die dames het haar vreeslik geniet.
Sy het elkeen weer ‘n tikkie lewenslus gegee, wat ook die tema vir die dag was.
Die dames het artikels in menigde vorms ingehandig vir beoordeling en hierdie artikels word dan nou by dié funksie uitgestal as dit goeie punte behaal het en kan die lede hulle artikels na die tyd terug kry. Elke lid kry dan ook komentaar terug vanaf die beoordelaars, sodat sy kan weet waaraan om volgende jaar te werk. Daar moes ook dames uit elke tak inskryf om Dinsdag blomme te kom rangskik by Mogol Klub se funksie saal wat dan ook punte sal tel vir elke tak.
Hierdie konfirensie vind jaarliks plaas en is vir die VLU lede elke keer iets om na uit te sien. Elke tak se punte wat hulle vir artikels ontvang het word by mekaar getel en dan word daar ‘n wen tak aangewys wat dan ‘n prys ontvang.
0 Comments