<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Conrad herstel wonderbaarlik

 
News : 13 Mar 2015 121 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Conrad Meyer wat sowat twee weke gelede kritiek in die hospitaal se intensiewesorgeenheid opgeneem is nadat elektriese strome van ’n weerligstraal deur sy liggaam gevloei het, is Dinsdag ontslaan.
“Ek kan nie genoeg dankie sê nie. Die Here het werklik my man aangeraak,” het Elna Meyer, Conrad se vrou, Dinsdagmiddag na Conrad se ontslag aan Noordelike Nuus gesê.
Die man, wat by min mense in Mokopane onbekend is, saag bome af vir ’n lewe en is tydens ’n onlangse donderstorm op sy kleinhoewe buite Mokopane kritiek gelaat toe ’n weerligstraal neergeslaan het. Meyer was intussen in drie verskillende hospitale waar hy in ’n bedenklike toestand verkeer het en vir sy lewe moes veg. Naskokke wat volgens dokters veroorsaak word deur elektriese strome in sy liggaam, het sedert die ongeluk verskeie kere sy hart laat staan.
Dokters by die Polokwane opleidings-hospitaal waar Conrad laaste behandel is beskryf sy skielike beterskap as ’n wonderwerk. Elna glo die regte behandeling by laasgenoemde hospitaal het haar man se lewe gered.
Conrad sterk tans tuis aan en is op medikasie. Hy moet skerp lig en sonlig vermy en sal heel moontlik vir tot twee jaar, elke aand sy voorgeskrewe medikasie moet sluk, voordat hy heeltemal sal genees.
Elna beklemtoon haar dankbaarheid teenoor elke persoon wat hulle ondersteun het, veral toe hulle dit die nodigste gehad het. “Boodskappe sovêr soos Ierland en Engeland en besoeke van Vanderbijlpark en Vereeniging is vir ons nog ’n bewys van hoeveel mense werklik vir ons omgee," sê Elna emosioneel.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube