-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Die 17-jarige Carre Lee Armstrong van Ellisras Hoërskool het al vele titels verower in die modelwêreld en is tans besig met haar deelname aan die bekende ‘Apprentices of Angelique Gerber’ kompetisie waar sy as die Limpopo ambassadeur aangewys is vir 2014.
Meer as 300 meisies het ingeskryf vir die kompetisie en Carre Lee was op 16 een van die jongste deelnemers. In haar hoedanigheid as ambassadeur is Carre Lee een van 12 meisies wat gaan deelneem het aan ‘n kalender-fotosessie in Mozambique. Hierdie foto’s gaan in tydskrifte versprei word en Carre Lee is die jongste model in die groep (sy moes deur ’n ouer vergesel word vir die fotosessie omdat sy minderjarig is).
Oor die geleentheid sê Carre Lee se ma, Louise, dat dit goeie ervaring is. “Ons het agter die bussie wat die ander modelle vervoer gery en het die lang pad van 1200km begin tot by ons bestemming in Praia Do Bilene,” sê Louise.
Hier is die groep met n boot oor die water gevat na die eiland waar die die foto’s geneem was. Die meisies het met sonsopkoms- en sonsondergang foto’s geneem. Die modelle moes alreeds 04:00 opstaan om reg te wees vir die fotograaf met sonsopkoms. Bikinis, sonrokkies, broekies en t-hemde is voorsien.
0 Comments