<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Dapper reaksie lede trek verdagte vas

 

Regs: Die dapper reaksie-lede, Willem Harmse en David Pieterse van Strikeforce in Mokopane het hulle eie lewens op die spel geplaas deur ’n gevaarlike verdagte by ’n onlangse voorval te ontwapen en in hegtenis te neem.

News : 19 Mar 2015 1079 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Twee gewapende reaksie lede van Strikeforce word as dapper beskryf
nadat hulle verlede Saterdag hul lewens op die spel geplaas het. Hulle het op versoek van die polisie, bystand gebied en ’n gewapende man vasgetrek.
Willem Harmse en David Pieters het flink opgetree en sonder aarseling ’n gewapende man wat vir die polisie probeer weghardloop het, oorrompel. Dié verdagte is na berig word vroeër saam met twee ander makkers deur die polisie agternagesit.
Die verdagte het 'n vuurwapen op Harmse gerig, waarop hy (Harmse noodgedwonge ’n waarskuwingskoot geskiet het.
Die verdagte het sy wapen laat val en dit probeer optel. Harmse het met minimum geweld die man gestuit waarna die verdagte in hegtenis geneem is.
Frik Wagner, die eienaar van Strikeforce het die lede geprys vir hulle knap werk.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube