<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Lephalale verloor 'n geliefde

 
News : 19 Mar 2015 2070 Viewed By Mariska Ehlers 0

LEPHALALE - Hardus van Emmenis, oud- polisie kaptein en welbekende inwoner van Lephalale is verlede Dinsdag oorlede in die Meulmed Mediclinic in Pretoria nadat daar komplikasies ingetree het terwyl hy in die Intensiewesorgeenheid opgeneem was.
Hardus is oorgeplaas vanaf die Lephalale Mediclinic na die Meulmed Mediclinic na wat as ‘n frats-ongeluk bestempel word toe sy pistool twee weke gelede geval het en ’n skoot afgevuur is wat hom in die bors getref het. Die koeël het glo minimale skade aangerig soos wat x-strale en skanderings wat in Pretoria gedoen is gewys het en hy sou waarskynlik teen die naweek ontslaan word. Hardus was besig om te herstel toe hy na afloop van ‘n skandering en klein operasie vermoedelik ‘n infeksie in sy longe opgedoen het. Hy is kort daarna oorlede.
Hardus het in 2013 uitgetree as polisie lid na 15 jaar diens en het geboer op sy plot buite Lephalale. Hy laat sy vrou, Madelyne, kinders: Stefan en Rolinda, agter.
Hardus sal onthou word vir sy passie as polisiebeampte, sy liefde vir sy gesin, familie en vriende.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube