<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Talentvolle Strauss-sussies in Simfonia Juventi

 

Ildonné Strauss en Charmilé Strauss.

News : 27 Mar 2015 187 Viewed By Adele Essakow 0

MOKOPANE - Hierdie jaar is daar 99 orkeslede gekies vir Simfonia Juventi. Dit is ‘n groep uitgesoekte Hoërskool musiekstudente regoor die land. Maar hierdie jaar het Charmilé Strauss (12) ‘n tuisskool Graad 7 leerling van Mokopane ‘n plek ‘n jaar vroeg op haar viool los-gespeel!  
Sy gaan saam met haar suster Ildonné Strauss (Graad 9) wat tjello speel, in die orkes optree.
Charmilé het formele lesse vanaf sy agt is by Dorothea Overbeck in Pretoria.  Dit vat baie toewyding en oefening om elke tweede week Pretoria toe te ry vir lesse, maar, hulle geniet dit om ook as gesin saam te speel. Hulle was ook al gevra om op troues te speel.
Hulle het hierdie jaar ’n oefenkamp van 6-11 April in Pro Arte School of Arts in Pretoria. Hulle tree hierdie jaar vyf keer op in Polokwane, Modimolle, Mookgophong en Unisa. Dit gaan vir die twee sussies baie lekker wees om die ervaring te deel.

Simfonia Juventi by Hans Strijdom

Hans Strijdom is bevoorreg om die lands-wye Simfonia Juventi Jeugorkes vanjaar te huisves op 16 Mei 2015.
Simfonia Juventi word demokraties saamgestel uit skoolgaande leerders uit Suid-Afrika. Vanjaar bestaan die orkes uit 99 lede afkomstig van tuis- en 30 verskillende skole.
Kriteria vir toelating tot die orkes berus op musikale vermoë asook die vlak van vaardigheid met die spesifieke instrument. Die orkes gee skooluitvoering op aanvraag, waartydens die leerders van grade 0 tot 12 op interessante wyse kennis maak met die verskillende instrumente in dieorkes en hoe ‘n simfonie orkes werk en saamgestel is.
Die optredes van die orkes is soos volg:
17, 18, 19 April: Polokwane. Skakel Ans Bekker 082 457 8171.
15 Mei: Modimolle. Skakel Annet Wolhuter (014) 717 1370 of 083 683 6562.
16 Mei 2015: Mookgophong. Annelie Reinecke (014) 743 0146 of 083 683 6562.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube