-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Die man wat verdink word van die seksuele misdaad teen 'n 40-jarige vrou op 'n plaas buite dié dorp is steeds op vrye voet. Die vrou, wie se identiteit beskerm word, is oorval op die plaas tussen Vaalwater en Lephalale nadat haar man gery het om die volgende vrag vir hul trek op die dorp te gaan haal. Sy is deur die man gegryp, uit die huis gesleep, aangerand en oor die kop geslaan met 'n skerp voorwerp. Hy het haar na bewering verkrag, twee selfone gesteel en op die vlug geslaan. Die Lephalale en Dorset polisie het spoorgesny om die verdagte vas te trek. 'n Saak van diefstal, verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek. Enige iemand met inligting oor die man kan 086 000 1011 skakel of na hul naaste polisie kantoor gaan.
0 Comments