-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Die publiek is die josie in oor die stand van die begraafplaas in Mokopane en dring aan op daadwerklike optrede.
“Dit is ’n skreiende skande dat ons begraafplaas in so haglike toestand verkeer.” So sê Anette Jonker van Mokopane na sy vir die hoeveelste keer ’n geliefde wat daar begrawe is wil besoek maar dan weer omdraai omdat sy vrees vir haar veiligheid tussen die gras en onkruid wat skouerhoogte tussen die grafte staan.
Jonker sê sy het herhaalde kere by die Mogalakwena Munisipaliteit gekla en moes elke keer hoor daar sal binnekort aan die werk gespring word om die nodige onderhoud te doen maar daar word oënskynlik niks aan die probleem gedoen nie.
Talle mense het ook hulle skok oor die toestand van die begraafplaas uitgespreek.
Noordelike Nuus het navraag gedoen by ’n munisipale beampte wat verkies om anoniem te bly. Die beampte het gesê daar is reeds ’n stapel kwotasies by ’n sekere onderneming in die dorp wat wag op goedkeuring van die munisipaliteit om nodige herstelwerk te verrig aan munisipale grasmasjiene. Die kwotasies lê maande reeds daar en die toestand van veral die begraafplaas vererger by die dag.
0 Comments