<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nog 'n aanval op Vaalwaterpad

 
News : 02 Apr 2015 2835 Viewed By LiN Nuus 0

VAALWATER - In nóg ’n geval is nuwe intrekkers in die Vaalwater-omgewing deur gewapende rowers aangeval en beroof.
Noordelike Nuus het verlede week berig oor die aanval en verkragting van ’n vrou in die Witfontein-omgewing terwyl die gesin besig was om te verhuis.
Michael Beukes (63) en sy vrou, Elise, is op Maandagaand, 30 Maart, op ’n plaas op die Hermanusdoring sekondêre pad in die Vaalwater-omgewing deur vyf gewapende mans aangeval.
Beukes het ongeveer 19:50 sy honde hoor blaf en ondersoek gaan instel. Drie mans het hom oorval en hom die huis ingeboender. Hulle het die egpaar vasgebind en aangedring op vuurwapens en kontant.
Nóg twee gewapende mans het by hulle aangesluit. Die egpaar se besittings was steeds in kartondose en die rowers het dit agterop die Beukesse se Opel Corsa-bakkie gelaai. Hulle het gevlug met ’n 9 mm-pistool, ’n wind-buks, ’n 306-, 303- en .22-gewere, twee selfone, kontant en ’n groot klomp huishoudelike goedere wat die televisie insluit. Die egpaar is nie in die voorval beseer nie.
Die polisie het die Corsa-bakkie die volgende oggend op die Renosterfontein-grondpad gekry, maar niks van die gesteelde goedere is teruggevind nie.
- LiN Nuus/Die Pos

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube