<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Inbrekers slaan toe op laerskool

 
News : 02 Apr 2015 374 Viewed By Mariska Ehlers 0

LEPHALALE – Boewe het verlede Saterdag by Laerskool Bosveld Primary in Onverwacht ingebreek en duisende rande se goe-dere gesteel.
Volgens een van die laerskool se onderwysers wat op die tonneel was, het die verdagtes deur die dag ingebreek en ondermeer ’n grootskerm TV, rekenaars asook kontant gesteel.
Die alarm het wel by die sekuriteitsfirma, Molalatau, afgegaan en hoewel ‘n reaksievoertuig uitgestuur is, kon die sekuriteitspersoneel geen fout vind toe hulle die perseel nagaan nie. Hulle het weer gery. Die boewe het glo lappe en gordyne voor die venters gehang sodat die venters wat na die pad wys toe was en dat hulle nie van buite af gesien kan word nie.
 “Volgens die Polisie het die skelms geweet wat hulle doen, want die inloop kluis was netjies oopgebreek, dit lyk nie asof hulle gesukkel het nie,” het die onderwyser gesê.
Die Polisie ondersoek die saak en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube