<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Weerlig eis seun (18) se lewe

 

Johan Gerhard.

News : 02 Apr 2015 784 Viewed By Martie Le Grange 0

MOOKGOPHONG - Christine en Gerhard Hollander van Louis Trichardt is in rou gedompel nadat hulle 18-jarige seun, Johan Gerhard, in die fleur van sy lewe deur weerlig doodgeslaan is. Dié fratsongeluk het verlede Vrydagmiddag op ’n plaas in Mookgophong plaasgevind.
Elize Botha, mede-eienaar van ’n opleidingsentrum op ’n plaas in Mookgophong waar die seun opleiding vir sy ambag ontvang het, het Maandagoggend verslae aan Noordelike Nuus meer vertel oor die tragedie. Johan en ’n medestudent, Jan, het Vrydagmiddag na klas by ’n nabye dam op die plaas gaan visvang.
Die weer het begin swaar raak en die seuns het op Jan se aandrang besluit om terug te keer na die plaas. Hulle het gehardloop toe die weerlig glo tref en beide platslaan. Jan is bewusteloos gelaat en het na sowat 20 minute sy bewussyn herwin waar hy Johan se lewelose liggaam op die grond aangetref het.
’n Erg getraumatiseerde Jan het onmiddellik hulp ontbied. Alle pogings om Johan by te bring was tevergeefs vertel Botha. ’n Mediese dokter het later bevestig die seun is op slag dood, het Botha bygevoeg.
Johan word Woensdag vanuit die AGS gemeente in Louis Trichardt begrawe.
El-Shaddai Begrafnisdienste in Mokopane behartig sy begrafnis.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube