<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nog ‘n bielie van ‘n slang!

 

Henku en Marius het die 4m luislang na Noordelike Nuus se kantore gebring vir die foto - ons staan maar liewer terug!

News : 10 Apr 2015 2003 Viewed By Mariska Ehlers 0

LEPHALALE – Henku Janse van Rensburg van Reptile Rescue het onlangs ‘n yslike
luislang wyfie van so 4m gevang op ‘n hoewe buite Lephalale.
Henku het sowat 20 minute in die reën gestoei om die slang gevang te kry. Net ‘n paar dae later het Marius Koekemoer, ook van Reptile Rescue, ‘n klein Nylkrokodil gevang op ‘n plaas buite die dorp.
Die plaas eienaar was bekommerd dat die krokodil sy wild sou vang indien hy groter word. Reptile Rescue het die krokodil gemerk en weer hervestig waar hy niemand kan pla nie.
Reptile Rescue is bedrywig en kry nie kans vir rus nie, “dis die een oproep na die volgende,” sê Marius.
Oor Paasnaweek is daar ook onder meer drie boomslange gevang in die Lephalale area. Met die verandering in die seisoen moet die gemeenskap op die uitkyk wees vir slange en nie probeer om hulle self te vang nie.
Kontak gerus vir Marius op 072 174 6970 indien daar ‘n ongenooide gas sy verskyning maak.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube