<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Brandslagoffer beur vorentoe

 
News : 10 Apr 2015 278 Viewed By Mariska Ehlers 0

LEPHALALE – Johanko Barnard (21) het in Desember enstige brandwonde opgedoen het toe hy en ‘n vriend aan ‘n voertuig se enjin gewerk het en dié in hulle gesigte ontplof het. Hy het vir maande in die Milpark hospitaal gelê en gekrul van die pyn terwyl hy veloorplantings aan sy regterarm en onder sy linkeroog gekry het.
Die pad na herstel is stadig. Johanko moet oor ‘n paar weke weer ‘n operasie ondergaan om die vel en spiere van sy regterarm reg te maak sodat hy sy arm kan reguit maak.
Hy vertel ook dat die dokters voorgestel het dat hy nog ‘n operasie ondergaan om die vel onder sy linkeroog te herstel, maar hier hou hy voet by stuk. “Ek het vir die dokter gesê ek is reg nes ek is, ek wil nog ‘n operasie aan my gesig hê nie!”
Katryn Barnard, Johanko se ma, wat hom bystaan sedert die ongeluk, verduidelik dat die behandelinge hul medies heeltemal uitgeput het. Johanko se fisioterapie moes toe noodgedwonge in die slag bly aangesien daar nie verdere fondse beskikbaar was nie. “Verlede week het ek die wonderlikse nuus gekry, Chrisna Sparks, ‘n fisioterapeut in Lephalale, het my gekontak en gesê sy gaan Johanko se fisio gratis doen!” Johanko en Katryn het hul dankbaarheid uitgespreek teenoor Chrisna vir hierdie gebaar.
“Hierdie gemeenskap het ons gesin bygestaan en daar is mense wat steeds hul ondersteuning aanbied,” sê Katryn. “Soos suster Liesl Swanepoel wat steeds elke derde dag Johanko se wonde kom verpleeg.”
“Ons kan net aanhou dankie sê.”
Intussen het Johanko begin blom as entrepreneur en besluit om die sakewêreld te betree. Hy het ‘n tweedehandse winkel in Onverwacht oopgemaak waar hy iets van alles verkoop of soos hy dit noem, ‘n ‘krap ‘n biejite’ winkel. Hy hoop om binnekort uit te brei na ‘n groter perseel sodat hy meubels ook kan verkoop.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube