-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Geweld wat gepaard gaan met die een na die ander moord wat glo verband hou met politiek en onenigheid in die taxi-bedryf, heers reeds vir ’n geruime tyd in Mokopane. Die gevolge hiervan het veral oor die afgelope week ’n direkte impak op ondernemings in die dorp wat hul deure moes sluit uit vrees vir plundering en intimidasie.
Die Mogalakwena Residents Association (MRA) hou vol die oorsprong van die geweld is sameswerings tussen die Mogalakwena Munisipaliteit en, na wie hulle verwys, as die ‘taxi mafia’. “Ons glo dat dit die provinsiale mag in bewind is wat die Mogalakwena munisipaliteit gebruik om terreur dade te pleeg deur die stilmaak en moord op die individue wat hul stemme verhef om die korrupsie by ons munisipaliteit te ontbloot,” het die MRA in ‘n persverklaring gesê. Thintha Mokhonoana, MRA woordvoerder, het verder verwys na verlede jaar November toe swaar gewapende polisielede met geweld die munisipaliteit binnegevaar en raadslede gehelp het om oor te vat.
“Dit is sonder enige dokumentasie uitgevoer en boonop is vyf hooggeregshof interdikte nie deur die polisie geïmplementeer nie,” voeg Mokhonoana by. Hulle beweer dat die burgemeester, Thlalefi Mashamaite, wat nie deur die MRA erken word nie, het alle sekuriteitsdienste se kontrakte met die munisipaliteit beëindig en Matjila aangestel sonder die nodige munisipale tenderpro-
sesse. Hulle beweer ook dat die munisipaliteit van Matjila se gastehuis onderneming se dienste gebruik temaak het.
Die MRA het verder gesê hulle is oortuig dit het tyd geword vir hulle om vir hulleself op te staan en te verdedig. “Ons kan nie op die polisie staatmaak nie aangesien hulle gebruik word deur dieselfde kriminele netwerk,” sê Mokhonoana en verwys na die vorige sluipmoorde waar nog geen inhegtenisnemings gemaak is nie.
Mokopane polisiewoordvoerder konstabel Irene Masingi het aan Noordelike Nuus gesê die onlangse moorde word tans ondersoek en dat alle leidrade opgevolg word om die skuldiges vas te trek.
Die Demokratiese Alliansie (DA) in die provinsie het in ’n dringende skrywe aan, Lt. Gen. Fanie Masemola, die polisie kommissaris in Limpopo, versoek dat ’n polisie taakspan bewerkstellig word vir die ondersoek van die moorde in Mogalakwena. Die kommissaris is tot vandag (Vrydag 10 April) die geleentheid gegee om te reageer.
0 Comments