-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Inwoners in die Hermanstraat omgewing was die week briesend toe verskeie mense beweer het dat riool by hulle wonings opstoot.
Een inwoner, wat verkies het om nie haar naam te noem nie, het beweer dat sy al vir die afgelope twee weke sukkel met riool wat by haar dreine opstoot. “Ek weet nie meer hoe om te maak nie, die spul vrot water is tog ‘n gesondheidsrisiko," het sy gesê.
Inwoners in die straat het beweer dat die riool in oop erwe en by die bus depot uitborrel, veral na die reën. Die Lephalale Munisipaliteit het met navrae genoem dat hulle bewus is van een huis wat deur die probleem geaffekteer was en dat daar toe ‘n baksteen in die pype gevind is. Enigiemand anders wat ‘n probleem ondervind kan die munisipaliteit by 082 306 9446 kontak.
0 Comments