-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Brandkrane in die dorp word reeds vir ‘n geruime tyd deur skroot diewe geteiken.
Die vermorsing van duisende liters water wat vir ’n onbeperkte tyd onbenut word, is die gevolg hiervan. Belastingbetalers wil weet wie moet hiervoor opdok?
Noordelike Nuus het hieroor navraag gedoen by polisiewoordvoerder konstabel Irene Masingi van Mokopane polisie.
Sy het in ’n gesprek met Noordelike Nuus gemeld dat daar nie sulke gevalle gerapporteer is nie.
Lesers het vorige soortgelyke gevalle by die Mogalakwena Munisipaliteit aangemeld en foto’s van stukkende brandkrane wat deur diewe gesaboteer is, is meer as een keer aan Noordelike Nuus gestuur.
“Dié gevalle word nie noodwendig aan diefstal toegeskryf nie,” het nog ’n woordvoerder gesê.
Nog so ’n geval is Dinsdagmiddag deur ’n lid van die publiek gerapporteer.
Noordelike Nuus het gaan ondersoek instel en vanaf Geyserstraat is ’n sterk straal water in ’n onbewoonde uitbreiding van Nylpark gewaar.
Die verkeersowerheid is in kennis gestel van die geval en diefstal van dié soort is deur ’n verkeersbeampte bevestig.
Die Mogalakwena Munisipaliteit is hieroor genader vir kommentaar. Teen druktyd het sy nie gereageer nie.
0 Comments