<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Plaasaanval deurbraak

 
News : 24 Apr 2015 799 Viewed By Amanda Basson 0

MARAPONG - Die Polisie het die afgelope naweek vyf verdagtes vasgetrek en twee van die vuurwapens terug gekry wat na bewering in die aanval, vroeër die maand, op twee inwoners in die Vaalwater-omgewing gebuit is. Volgens die polisie is daar een 3006- en een 303- geweer, twee selfone en verskeie huishoudelike toestelle teruggevind in ‘n huis in die Marapong area.  
Vyf verdagtes is aangekeer deur Kol Sakkie Lourens en sy span van die Polokwane ernstige geweldsmisdaad eenheid. Twee verdagtes is in Marapong gearresteer, een in Tzaneen en nog een was ‘n werker wat vermoedelik by die aanval betrokke was.
 Op 30 Maart is Michael Beukes (63) en sy vrou, Elise, op ’n plaas op die Hermanusdoring sekondêre pad in die Vaalwater-omgewing deur vyf gewapende mans aangeval.
Beukes het ongeveer 19:50 sy honde hoor blaf en ondersoek gaan instel. Drie mans het hom oorval en hom die huis ingeboender. Hulle het die egpaar vasgebind en aangedring op vuurwapens en kontant.
Nóg twee gewapende mans het by hulle aangesluit. Die egpaar se besittings was steeds in kartondose en die rowers het dit agterop die Beukes-egpaar se Opel Corsa-bakkie gelaai. Hulle het gevlug met ’n 9mm-pistool, ’n wind-buks, ’n 306-, 303- en .22-gewere, twee selfone, kontant en ’n groot klomp huishoudelike goedere wat die televisie insluit. Die egpaar is nie in die voorval beseer nie.
Die polisie het die Corsa-bakkie die volgende oggend op die Renosterfontein-grondpad gekry, maar niks van die gesteelde goedere is teruggevind nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube