<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kragbesparing slenter teiken pensionarisse

 
News : 24 Apr 2015 264 Viewed 0

LEPHALALE - Twee bejaardes het amper ‘n lelike stel afgetrap toe hulle deur ‘n firma genader is wat beweer het dat hulle kon help om die pensioenarisse se kragrekening te verminder.
Oom Dolf en Tannie Hester Nel van Onverwacht is onlangs gekontak deur 'n firma genaamd Universal Techniques wat na bewering gesê het hulle kan sorg dat hulle kragrekening elke maand omtrent R666 is en dat hulle huishouding nie deur kragonderbrekings geraak sal word nie, omdat die firma se stelsel met batterye werk wat krag in so ‘n situasie sal voorsien. Oom Dolf het toe R32 000 gedeponeer en moes nog R1 500 vir aansluiting en R1 000 kontant vir versekering betaal. Hy het hy sy bankkaart gebruik om die betalings te maak.
Toe die toestel afgelewer word wat kwansuis die krag sou voorsien was Oom Dolf verbaas om te vind dat dit eintlik ‘n elektriese waterpomp is. Oom Dolf het toe sy bank genader en die kaart gestop waarmee hy betaal het. Groot was sy verligting toe die bank hom inlig het dat die geld nog nie aan die firma oorbetaal is nie. “Ons is pensioenarisse en kan nie bekostig om soveel geld te verloor nie,” het Tannie Hester gesê.
Volgens Tannie Hester het die firma beweer dat hulle toestemming van die munisipaliteit ontvang het om die toestelle te installeer. Lephalale Munisipaliteit het met navrae genoem dat hulle geen kennis dra van die firma dra nie en dat inwoners eers die munisipaliteit moet kontak voordat hulle betaal vir enige toestel wat na bewering krag kan bespaar.
 Enige maatskappy of individu wat kragbesparing toestelle wil installeer moet toe-stemming by die munisipaliteit kry.
Universal Techniques kon nie opgespoor word om kommentaar op die storie te gee nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube