<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Plofstof en R5 wapens gebruik vir rooftog

 

Só lyk die kluis van MGM se 24 Seven Express Shoppe nadat rowers dit Sondagaand met plofstof oop geskiet en van ’n kontant bedrag geroof het.

News : 24 Apr 2015 218 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Rowers met R5-wapens het Sondagaand omstreeks middernag met kontant op die vlug geslaan nadat hulle die kluis van MGM Motors se 24 Seven Express Shoppe in Nelson Mandelarylaan met plofstof oop geskiet en beroof het.
Suricat Sekuriteit se reaksie-lid, Obed Rafapha, het ’n noue ontkoming gehad toe rowers op hom begin losbrand, etlike meters van die misdaadtoneel. Rafapha is ontbied nadat Suricat se radio beheerkamer ’n paniek sein van die betrokke winkel ontvang het. “Ek het nie getel hoeveel keer hulle in my rigting geskiet het nie. Al wat ek weet is dat ek moes laag lê,” sê die reaksie-lid en wys na sy gesig wat beserings opgedoen het van die voorruit se glasstukke wat gespat het terwyl op hom geskiet is. Hy kon egter daarin slaag om betyds te ontsnap. Rafapha beweer die rooftog is na die skietery uitgevoer.  Kassiere wat ten tye van die rooftog aangehou is, is na berig word nie in die voorval beseer nie.
Die winkelbestuurder, Gerhard Janse van Rensburg sê, buiten die kontant bedrag wat gebuit is, ly die winkel ook aan voorraad verlies. Personeel het die winkel Maandagoggend begin opruim.
Daar mag ’n verbintenis wees met nog voorvalle in Polokwane en Lebowakgomo waar vulstasies ook geteiken was, sê die polisie. Dié waarskynlikheid word ondersoek het Limpopo polisiewoordvoerder, kol. Ronel Otto gesê. Sy het ook bevestig dat die verdagte voertuig wat in die rooftogte gebruik is, is ’n BMW.
Dié voertuig wat op beeldmateriaal verskyn se definitiewe kleur is egter moeilik om vas te stel aangesien dit snags óf silwer óf swart kan vertoon, het Otto gesê.
Die polisie se ondersoek duur voort.

 

 

 
 

Obed Rafapha van Suricat Sekuriteit se uniform is vol bloed en sy gesig is beseer in ’n skietery wat gevolg is deur ’n rooftog.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube