<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Pluimpie vir sekuriteit firma

 

Strike Force reaksie lede Werner Landman, Dawid Pieterse en Willie Harmse se flink optrede ‘n dief gestuit het.

News : 30 Apr 2015 55 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - “Strike Force Sekuriteit verdien ‘n pluimpie”. Dit was die woorde van Elmarie Oosthuizen van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) na haar gesteelde skootrekenaar binne enkele minute na dit gesteel is deur Strike Force aan haar terugbesorg is.
Oosthuizen, ‘n leerkrag by (HPP), is niksvermoedend na die skool se oueraand verlede week van haar skootrekenaar besteel. ‘n Man in sy vroeë twintigs is deur een van Strike Force se reaksie lede as verdag geïdentifiseer nadat hy met ‘n sak wat soos die van ‘n skootrekenaar gelyk het in nabye bosse verdwyn het. Die bosse is oor-
kant die sekuriteitfirma in Hoogestraat geleë. Die verdagte het op die vlug probeer slaan na hy deur die sekuriteitlede genader is.
‘n Faktuur in die skootrekenaar sak met ‘n telefoonnommer daarop het lede na die regmatige eienaar van die betrokke rekenaar gelei.
Oosthuizen was baie verbaas en ook beïndruk met die lede se flink optrede.
“Dit was ‘n groot gelukskoot, het Oosthuizen dankbaar gesê. Strike Force verdien ‘n pluimpie”.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube