-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
POLOKWANE – ‘n Man wat na bewering verantwoordelik was vir die aanval op Dr George Meyer (79) en sy vriendin Tersia Prinsloo twee weke gelede is op Woensdag 22 April vasgetrap.
Twee mans is ook vasgetrek vir die besit van gesteelde eiendom wat tydens die voorval geneem is.
Lede van die Polokwane Ernstige Geweldmisdaad eenheid het die verdagtes gearresteer en het ook sommige van die gesteelde goedere onder andere die vuurwapens teruggevind. Die vuurwapens was aan die onderstel van ‘n bakkie vasgemaak waarmee dit vervoer is.
0 Comments