<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Vier vas vir smokkelary

 
News : 30 Apr 2015 167 Viewed By Martie Le Grange 0

GROBLERSBRUG - Drie vermeende renoster stropers wat by die Groblersbrug grenspos in hegtenis geneem is vir renosterhoring en diamant smokkelary is Dinsdag op borgtog vrygelaat en moet op 5 Junie weer in die Mokopane Landdros hof verskyn. 
’n Vierde verdagte is steeds in aanhou-ding en sou na verwagting Donderdag weer in die hof verskyn vir sy borg aansoek.
Climate Mathebula (27) en Samuel Nxolani Mabunda (31) is op borg van R1500 elk vrygelaat en Chester Malungane (28) is vrygelaat op borg van R1000. Eric Mandlazi (35), is die vierde beskuldigde.Die verdagtes se inhegtenisneming spruit uit ’n wenk wat lede van Lephalale se veediefstaleenheid ontvang het, het ’n woordvoerder van die polisie in die provinsie, kolonel Ronel Otto gesê. Otto het bevestig die verdagtes is oorspronklik van Zimbabwe maar werksaam in Botswana en het onwettig die land binne gekom om te smokkel.
Die waarde van die items word deur die polisie ondersoek.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube