-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Mokopane – Magda Lombard en haar drie kinders (4, 6 en 8) van Mokopane het verlede Donderdagoggend ’n noue ontkoming gehad toe die Toyota Fortuner waarin hulle gereis het teen ‘n Volkswagen Amarok in ’n onbewoonde gebied in Nylpark gebots en omgeslaan het.
Lombaard se dogter, Angie (8) het ’n kniebesering opgedoen en het steke gekry, terwyl die res van die gesin ongedeerd was.
Lombaard het vir Noordelike Nuus vertel sy was na die laerskool onderweg toe die ongeluk gebeur het. Die bestuurder van die Amarok het na bewering voor die Lombaard-gesin ingery en het glo na die ongeluk skuld erken en om verskoning gevra.
“Ek is net baie dankbaar ons lewens is gespaar. Wat my wel bekommer is die lang gras in dié gebied wat nie onderhou word nie en ons as motoriste se sig belemmer,” het Lombaard gesê.
Die bestuurder en insittendes van die Amarok het na verneem word geen ernstige beserings opgedoen nie.
0 Comments