<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nuwe joernalis vir Noordelike Nuus

 
News : 09 May 2015 179 Viewed By NoordNuus reporter 0

LEPHALALE - Amanada Basson, ‘n voormalige speurder in die Suid-Afrikaanse polisie is die nuwe gesig in die Noordelike Nuus kantoor in Lephalale.
Amanda is ook nie ‘n vreemde-ling hier in die Bosveld nie. Sy was ‘n leerder by Ellisras Laerskool en het gematrikuleer aan Ellisras Hoërskool.
Haar polisie opleiding het sy in Oudshoorn voltooi waarna sy tot onlangs as ‘n speurder in Pretoria gewerk het. Hier het sy gespesialiseer in ernstige geweldsmisdaad sake.
Na 15 jaar is sy terug in Lephalale en opgewonde om deel te wees van die groeiende gemeenskap. “Vyftien jaar gelede het die dorp baie anders gelyk en hoewel die ekonomiese groei goed vir die gemeenskap is, bring dit ook baie sosiale probleme. Ek wil graag ‘n rol speel om van hierdie aspekte aan die lig te bring. Baie van die probleme soos die groeiende dwelmbedryf in die dorp gaan nie maklik uit die weg geruim word nie, maar as sake aan die lig kom kan stappe geneem word en natuurlik glo ek ook in die krag van gebed.”
Amanda vertel dat sy nog altyd ‘n liefde vir skryf gehad het, maar dat haar besige program as speurder en ma van drie, dit nie altyd toegelaat het nie.
“Dit is lekker om weer te skryf, ek is veral baie lief vir ondersoekende joernalistiek en opgewonde om stories te skryf wat ‘n verskil kan maak.”
Skakel Amanda gerus by 014 763 5132.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube