<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Is dit ’n renoster in die pad?

 
News : 09 May 2015 201 Viewed 0

MOKOPANE – Groot was die verbasing toe motoriste ‘n witrenoster langs die pad buite die dorp sien stap Maandagoggend. Die renoster het Sondagaand deur die heining van die wildsplaas waar hy aangehou word gebreek.
“Met renosters wat so bedreig word deur al wat ’n stroper is, verkies ons om nie te sê presies waar die renoster rondgeloop het nie,” sê Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) bestuurder Marcelle Maritz. “Ons het dadelik begin reël vir die nodige werkkrag om die renoster terug in sy kamp te kry.”
Die renoster is per helikopter met ’n verdowingsmiddel geskiet en per vragmotor teruggeneem na sy betrokke kamp. Die eienaar wou nie sy naam of plaas bekend maak nie.
Volgens die Save the Rhino webwerf is  1215 renosters in 2014 gestroop (een elke agt uur).

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube