<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Plaasaanvalle ondersoek

 
News : 09 May 2015 173 Viewed By NoordNuus reporter 0

WATERBERG - 'n Vlaag plaasaanvalle in Limpopo se Waterberg-omgewing die afgelope twee maande het die Demokratiese Alliansie (DA) se nasionale woordvoerder, Phumzile van Damme, aangespoor om 'n afvaardiging op 'n feitesending na Modimolle te stuur om vas te stel waarom die aanvalle skielik so gekonsentreerd voorkom. Byna die helfte van die 22 plaasaanvalle in Limpopo vanjaar het in hierdie gebied voorgekom.
Die afvaardiging bestaande uit Dianne Kohler Barnard, Annette Steyn, Jacques Smalle, Desiree van der Walt, Langa Bodlani en Kathlego Phaala het met boere, gemeenskapslede, georganiseerde landbouleiers en polisielede oor die voorvalle gepraat.
Gemoedere het hoog geloop met een boer wat gedreig het om enige iemand wat sy plaas betree dood te skiet, selfs lede van die polisie. Kohler Barnard wat die afvaardiging gelei het, het begrip getoon vir die gemeenskap se frustrasies, maar het dit duidelik gemaak dat sulke dreigemente nie die oplossing is nie.
Willem van Jaarsveld, uitvoerende be-
stuurder van Agri Limpopo se voorstel dat daar 'n sentrale kantoor vir landelike veiligheid opgerig word wat inisiatiewe tussen inwoners, plaaswagte en die polisie ko-ordineer is baie gunstig deur alle partye ontvang. Hy meen so 'n kantoor kan betroubare statistiek opbou en tendense in misdaad vinnig identifiseer en aan die plaaslike, provinsiale en nasionale owerhede rapporteer.
Desiree van der Walt het gesê sy sal self een maal 'n maand as vrywilliger in daardie kantoor diens doen. Sy glo dat die polisie in die Waterbergomgewing hul bes doen. Die feit dat verdagtes in byna al die aanvalle in hierdie omgewing in hegtenis geneem is getuig daarvan.
Die plaaslike polisiestasies gaan egteralmal gebuk onder personeeltekorte en aan voertuie om pro-aktief te patrolleer.
Boere meen 'n toestroming van onwettige immigrante uit Zimbabwe na dié omgewing speel 'n rol. Die Spoorsnyers, 'n groep vrywilligers wat die polisie bystaan in landelike misdaad ondersoeke het onlangs via hul Facebook bladsy 'n beroep op boere gedoen om seker te maak hulle het afskrifte van die Zimbabwiers wat hulle in diens neem se identiteitsdokumente en verblyfpermitte.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube