<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Seun (16) beseer in motorfietsongeluk

 
News : 15 May 2015 32 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE –  'n 16-jarige seun se sleutelbeen is gebreek nadat hy in 'n motorfietsongeluk betrokke was in Onverwacht verlede Woensdag.
Carel Boshoff het op sy motorfiets gery in Palala straat toe hy by 'n oranje Land Rover probeer verbygaan. Die Land Rover se bestuurder het glo skielik afgedraai en Carel het agter in die Land Rover vasgery.
 Volgens Carel se ma, Nellie Boshoff, is hy tans in die Meulmed hospitaal in Pretoria en het hy verskeie skraapwonde, 'n gebreekte sleutelbeen en gekraakte gewrig.
Hy is Woensdagmiddag geopereer en sal hopenlik binnekort huis toe kom.
Die Boshoff's het motoriste gemaan om versigtig te ry en bewus te wees van motorfietsryers en fietsryers op die pad.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube