-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MARKEN - 'n Munisipale vullisvragmotor wat van sy vrag verloor het, het opskudding veroorsaak dié week.
'n Inwoner wat agter die vragmotor gery het op die Markenpad net buite Lephalale was erg ontsteld toe hy gesien het hoe vullis van die bak afval. "Ek het die vragmotor gestop om die bestuurder te laat weet dat die vullis die hele pad vol lê," sê die inwoner. "Die bestuurder en sy medewerker het dood-luiters uitgeklim en die gemors in die veld in begin skop."
Die munisipale werkers het die gemors net daar gelos en verder gery ten spyte van die inwoner se besware.
By navraag het die Lephalale munisipaliteit bevestig dat hulle bewus is van die insident en dat daar reeds 'n span uitgestuur is om die gemors te gaan skoonmaak. Hulle het ook gesê dat stappe teen die betrokke werkers geneem sal word.
0 Comments