<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

AfriForum wil toegang tot plaasmoordsyfers hê

 
News : 15 May 2015 78 Viewed By Press Release 0

AfriForum het ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ’n formele versoek aan die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, gerig om plaasmoordstatistieke van 1990 tot 2015 aan die organisasie te oorhandig.
Dit volg nadat die regering in 2007 gesê het dat geen verdere statistieke oor plaasmoorde ingesamel sal word nie. Phiyega het egter in Maart vanjaar verklaar dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) eintlik nog al die jare daarmee besig is en beweer dat die syfers om “operasionele redes” steeds bygehou word. Phiyega het dan ook syfers bekendgemaak, wat volgens AfriForum se data (ingesamel in samewerking met die landbou-unie, TLU SA) duidelik foutief is.
AfriForum het onder meer die volgende inligting van die polisiekommissaris aangevra:
Jaarlikse statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle vanaf 1990 tot April 2015. Jaarlikse provinsiale statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle vanaf 1990 tot April 2015. Jaarlikse statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle, ingedeel volgens streke vanaf 1990 tot April 2015. Plaaslike polisiestasies se statistieke vir plaasmoorde en -aanvalle vanaf 1990 tot April 2015.
Volgens AfriForum en TLU SA se rekords is daar tot en met die datum waarop Phiyega die inligting bekend gemaak het, ten minste 316 verifieerbare plaasmoorde in die afgelope vyf jaar gepleeg. Phiyega het beweer dat daar volgens die SAPD slegs 271 plaasmoorde plaasgevind het.
“Die publiek was vir lank genoeg in die donker gehou. Die polisiekommissaris se bewering in Maart dat plaasmoorde oor die afgelope vyf jaar afgeneem het, word sterk bevraagteken, aangesien daar meer verifieerbare name van plaasmoordslagoffers op ons lys is as die somtotaal wat deur Phiyega bekend gemaak is,” sê Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube