-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Hondsdolheid is ‘n gevreeste virus siekte wat dodelik is vir mens en dier. Die honde en katte op u eiendom se inenting status moet op datum gehou word.
Gevalle van hondsdolheid kom nog gereeld in die land- en ook in ons omgewing voor waar selfs mense aan die gevreesde siekte sterf.
Met troeteldiereienaars se samewerking is 2 898 honde/katte gedurende 2012 in Mokopane geënt teenoor 1 647 in 2010 en 1 709 in 2011. Vir 2013 en 2014 was daar weer 'n daling in die getal diere wat in Mokopane geënt is.
Met elke diere eienaar se hulp kan meer honde en katte hierdie jaar geënt word en so hondsdolheid in ons gebied uitroei.
Om u en u huisgesin te beskerm gaan beamptes van veeartsenydienste inentings-klinieke in die dorp hou.
Wanneer: 2-4 Junie 2015
Tyd: 07:00-17:30
Plek: Van Rensburg Saal en voor die Mogalakwena Biblioteek.
Vir inligting skakel 015 491 4288.
0 Comments