<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Raadslid in die spervuur

 
News : 21 May 2015 54 Viewed 0

MOKOPANE – ‘n Bekende DA-raadslid van die Mogalakwena Munisipaliteit bevind haarself in warm water nadat daar glo ’n klagte by die DA provinsiale bestuur gelê is oor die manier waarop die raadslid opgetree het tydens 'n spesifieke voorval.
Jacques Smalle, die provinsiale leier van die DA, het die week bevestig dat die party wel ’n klagte van die publiek ontvang het. Hy het gesê dat die DA klagtes van die publiek ernstig opneem. Hy het dit duidelik gemaak dat die DA nie raadslede beskerm nie en dat ’n dissiplinêre komitee van regsgeleerdes elke saak ondersoek.
“Die betrokke raadslid is een van ons goeie raadslede,” het Smalle gesê.
“Hierdie is nie ’n heksejag nie en die persoon sal die geleentheid kry om te reageer op die klagtes.”
Smalle het bevestig dat die persoon steeds ’n aktiewe DA-raadslid is.
Noordelike Nuus het die raadslid genader vir kommentaar, maar die persoon het op advies van regsverteenwoordigers besluit om nie te reageer terwyl die ondersoek hangende is nie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube