-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
THABAZIMBI - ‘n Wildsveearts van Thabazimbi, Dr. Wilhelm Schack, is verlede Donderdag ernstig beseer toe hy buffels tussen twee plase in die Mookgophong-omgewing verskuif het.
‘n Buffelkoei wat op die oog af te lam was om uit die vragmotor te klim het skielik opgespring en hom met haar horing gehaak en uit ‘n vragmotor gegooi toe hy inlklim om haar te behandel.
Reinhild Burke, die bemarkingsbestuurder van Schack se wildsbesigheid, Eko Wild, sê Nooddienste is onmiddelik ontbied en hy is met ‘n helikopter na die Medi-Clinic in Polokwane geneem waar hy behandel is vir die wond aan sy heup waar die koei se horing deur is. Die ligamente in sy linkerhand moes ook weer geheg word.
Hy is Dinsdag uit die hospitaal ontslaan.
0 Comments