<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Seun sterk goed aan na vliegongeluk

 
News : 01 Jun 2015 480 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – ‘n Geliefde leerder aan Ellisras Hoërskool (EHS) is in ‘n ernstige toestand in ‘n Pretoriase hospitaal nadat hy en sy oom in ‘n vliegongeluk betrokke was.
Wynand Snyders van Kempton Park (49) en Jannie Snyders Jnr (16) ‘n Graad 10 EHS leerder het Sondagoggend met Wynand se mikroligte vliegtuig gevlieg toe dit glo naby die Abbotspoort hospitaal neergestort het.
‘n Inwoner van die omgewing het dit glo gesien gebeur en die nooddienste in kennis gestel. Beide beseerdes is na Witpoort Distrik hospitaal in Seleka vervoer. Wynand is dood weens kopbeserings met sy aankoms by die hospitaal.
Volgens Magda Reyneke, Jannie se suster, het hy inwendige beserings opgedoen en is per ambulans na Meulmed hospitaal in Pretoria oorgeplaas. 
Hy het Sondagaand ‘n noodoperasie ondergaan en een van sy niere is verwyder en ‘n dreineringspyp is in sy beseerde long geplaas.
Jannie is kritiek maar stabiel en het ‘n bloedoortapping gehad weens inwendige bloedverlies. Hy is tans nog in die intensiewe sorgeenheid waar hy aansterk. Volgens ‘n Facebook-inskrywing deur Magda Woensdagoggend is die respirasie masjiene ontkoppel en gaan dit beter met hom.
Na bewering is die ongeluk veroorsaak deur ‘n laagliggende kragdraad. Teen druktyd kon dit egter nog nie bevestig word nie. Burgerlugvaart sal egter die ongeluk ondersoek.
Intussen het Netwerk24 berig dat ‘n goeie vriend van Wynand ook gesterf het in ‘n soortgelyke ongeluk Dinsdagmiddag naby Springs, Gauteng. Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie. 

 

 

 
 

LEPHALALE - Jannie Snyders Jnr (16), ‘n leerder aan Ellisras Hoërskool (EHS), haal weer self asem, eet en is bewus van wat om hom aangaan nadat hy en sy oom, Wynand Snyders, verlede Sondag in ‘n vliegongeluk betrokke was. Wynand is oorlede in die ongeluk. Een van Jannie se niere is verwyder in 'n noodoperasie na die ongeluk.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube