-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Dit gaan al beter met die 16-jarige leerder van Ellisras Hoërskool wat twee weke gelede in ‘n vliegongeluk was.
Jannie Snyders Jnr (16) en sy oom Wynand Snyders het met Wynand se mikroligte vliegtuig gevlieg toe dit naby die Abbotspoort hospitaal neergestort het.
Wynand en Jannie is na die Witpoort Distrik hospitaal in Seleka vervoer waar Wynand weens kopbeserings beswyk het.
Jannie is oorgeplaas na Meulmed hospitaal in Pretoria waar een van sy niere tydens ‘n noodoperasie verwyder is, hy 'n bloedoortapping gekry het en ‘n dreineringspyp in sy beseerde long geplaas is.
Volgens Magda Reyneke, Jannie se suster, gaan dit al beter met hom. Hy het vroeër die week al self begin loop en 'n bietjie geëet. Sy mediese toerusting is verwyder en hy het nog net 'n bloeddruk monitor op. Magda het almal in Lephalale bedank vir hulle ondersteuning en gebede.
0 Comments