-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – ‘n Reuse luislang van bykans 3m het ouers en leerders by Laerskool Ellisras behoorlik op hol gehad toe die glibberige vent oor die pad seil skool se kant toe Dinsdagmiddag.
Een ouer sê sy kon haar oë nie glo toe sy op pad skool toe die massiewe slang oor die pad sien seil nie.
"Ek was op pad om my kind te gaan oplaai by die skool toe ek die gedierte sien, ek is ongelooflik bly die slang is gevang voordat hy dalk 'n kind kon bykom!"
Marius Koekemoer van Reptile Rescue sê hy het twee luislange van omtrent 3m elk op dieselfde dag gevang.
“Die een was by Laerskool Ellisras en die ander een op Tienie Loots se plaas naby Eskom,” vertel Marius.
Die gedoente was natuurlik baie opwindend vir die kinders by die skool en hulle kon nie uitgepraat raak oor hulle aksie belaaide dag nie.
0 Comments