<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Vyftien jaar van KKKfeeste!

 
News : 11 Jun 2015 80 Viewed By Press Release 0

MOKOPANE – Die Kierieklapper Kunstefees (KKKF) vier hierdie jaar hul 15de bestaansjaar en met kunstenaars soos Riana Nel, Dewald Wasserfall, Snotkop en Bobby van Jaarsveld beloof dit om die beste fees nog te wees!
Behalwe die uitstekende kunstenaars, sal daar talle stalletjies, opvoerings en demonstrasies deur die loop van die feesdae plaasvind – onthou 6-10 Augustus is feestyd in Mokopane!
Bok van Blerk beloof vermaak vir die hele gesin met ’n spesiale opvoering getiteld “Die Boer en die Skot”, terwyl Frank Opperman beloof om die lagspiere te prikkel met “Die Klaagliedere van Ds. Tienie Benade.”
Daar is kindervermaak met Hannah en Buster die brak, ’n Wow Mini Sirkus, gesigverf, steltlopers en ballon kuns. Daar is demonstrasies deur die dorp se dansskole, Gimnastiekklub asook die plaaslike skole se trompoppies en volkspele groepies. Daar is selfs ’n rofstoei demonstrasie!
Derrick Gardner sal ’n vrouedag in die Dienssentrum vir bejaardes se saal aanbied op 10 Augustus, terwyl  die gewilde wilds- en natuurkronkel weer sal afsluit wat met ’n lekker kampvuur konsert afgesluit sal work.
Na 15 jaar van feeste reël, weet die KKKF-komitee hoe om ’n uithaler fees aanmekaar te sit.
“Vir die eerste 11 jaar is al die geld wat by die KKKF ingesamel is aangewend om die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes te ondersteun,” sê dienssentrum bestuurder Estelle Hartzenberg. “Die fees het gehelp om tekorte aan te vul by die dienssentrum wat poog om vir die dorp se bejaardes te ondersteun.”
“In 2011 het ons besluit om elke jaar ’n deel van die dienssentrum op te gradeer of te verbeter,” sê Hartzenberg.
“Elke jaar hou ons ’n bedrag terug om die volgende jaar se kunstenaars te bespreek en fees te reël, maar die res word vir die dienssentrum aangewend.”
So is daar verskeie opgraderings gedoen oor die jare, insluitend ’n opgegradeerde rekenaarstelsel, kombuistoerusting is aangekoop, die gebou is opgeknap en geverf, die biblioteek is vergroot, ’n vertrek is ingerig as salon wat die bejaardes teen afslagpryse diens, die haarsalon is opgegradeer, ’n wagkamer is by die kliniek aangebou, ’n nuwe motorhuis is gebou vir die leen Sprinter bussie wat vir ’n jaar aan die dienssentrum geskenk is en etes is gesubsidieer (middagetes was vir twee jaar lank slegs R9 per ete).
Die dienssentrum se lede het gegroei van 338 lede in 2011 tot sowat 650 in 2015. Die dienssentrum bied tans middagetes (wat ook afgelewer word), Trimgim, koor, legkaart bou kompetisies, gesondheid dae, uitstappies na die dorp en Polokwane, Pretoria en Johannesburg en selfs toere.
Met die ekonomie wat druk is dit belangrik dat die dienssentrum ook mooi begroot. “Selfs met die KKKF se geprojekteerde inkomste vir 2015 toon die dienssentrum se begroting steeds ’n verlies van sowat R20 000 per maand,” verduidelik Hartzenberg. “Ons pleit dus met die mense van Mokopane en omgewing om asseblief hierdie jaar se fees te ondersteun – kom geniet die feesdae saam met ons rustig met die wete dat jou toegangsgeld ’n positiewe bydra lewer tot die dorp se bejaardes.”
Kom woon die fees by, kom kyk na die konserte en geniet ’n heerlike vier dae vol kuns en kultuur.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube