-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Stephan Steyn, 'n geliefde inwoner is Saterdag oggend op 41-jarige ouderdom in 'n motorongeluk oorlede.
Stephan het in 1992 aan Hoërskool Piet Potgieter gematrikuleer en teen druktyd het boodskappe van skok en hartseer steeds op sy Facebook-bladsy en dié van sy matriekgroep ingestroom. Vriende van sover as Singapoer het aangedui dat hulle sy herdenkdiens Vrydag sal bywoon.
Stephan sal onthou word vir sy humorsin en lekker lag, sy opregte vriendelikheid en die moedigheid waarmee hy elke faset van die lewe aangepak het. Sy kinders, Kara en Gium, was sy alles.
Daar word Vrydag (vandag) om 14:00 vir hom 'n gedenk- diens by die NG Kerk Hulp en Hoop in HF Verwoerdlaan aangebied.
0 Comments