<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kotze se moordenaar gevonnis

 

Susan Kotze.

News : 11 Jun 2015 206 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Philip Kgoantha (22) het Susan Kotze (75) in Januarie verwurg en vermoor.
Hy is verlede Vrydag in die Modimolle streekshof tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op  klagte van moord en gewapende roof.
Kotze se lyk is op 4 Januarie in haar huis op ‘n plaas in die Afguns-omgewing gevind nadat sy vroeër die aand nie haar veiligheid radio geantwoord het nie. Haar liggaam is in die sitkamer aangetref waar sy met die draad van ‘n hanger verwurg is.
Goeie speurwerk het verseker dat Kgoantha vinnig gearresteer is nadat hy met Kotze se blou Ford Bantam bakkie op die vlug geslaan het.
Hy is by ’n familielid se huis vasgetrek waar Kotze se bakkie, selfoon en ‘n klein bedrag kontant by hom gevind is.
Kotze was ‘n weduwee wat op klein skaal met beeste geboer het en het die laaste maande van haar lewe by ‘n gastehuis op Afguns gewerk.

 

 

 
 

Philip Kgoantha is verlede Vrydag in die Modimolle streekshof tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op  klagte van moord en gewapende roof.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube