<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Volspruit myn afgekeur

 
News : 11 Jun 2015 614 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE - Die Nyl Aksiegroep wat bestaan uit boere en belanghebbendes in die omgewing, verwelkom die Limpopo departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme se besluit om toestemming vir mynboubedrywighede suid van Mokopane vir ’n tweede keer af te keur.
Sylvania se omgewingsimpakstudie vir die Volspruit Myn is nie deur die departement aanvaar nie omdat mynbedrywighede se uitwerking op die Nyl vloedvlakte volgens die departement onveilig is. Sylvania se voorstelle tot die beperking van die impak is onaanvaarbaar vir die departement, veral wat vloed omstandighede aanbetref.
Belanghebbendes het mynboubedrywighede in talle vergaderings sedert 2011 herhaaldelik en sterk geopponeer en die klem is duidelik gelê op die negatiewe impak wat dit op die omgewing gaan hê.
Landboubedrywighede sal veral negatief geïmpakteer word deur mynaktiwiteite in die vloedvlakte. Adri Barnard wys daarop dat besoedelde besproeiingswater by voorbeeld die Barnards se sitrustuivoere na Europa kan belemmer.
“Om platina naby die Nylrivier te myn is roekeloos en die Nyl vloedvlakte is ’n sensitiewe gebied wat erg beskadig gaan word," het die Nyl Aksiegroep se regsverteenwoordiger, Emile Honiball by een van die vergade-rings gesê.  
Die myngroep het egter gesê ten spyte van al die teenkanting gooi hulle nie
handdoek in nie en die pad vorentoe sal noukeurig met hulle omgewingskonsultante bespreek word.  
AfriForum het in ‘n mediaverklaring gesê die departement se weiering is waarskynlik geskoei op die feit dat die impakstudieverslag nie kon wys hoe mense wat deur die myn geraak sal word, met water bygestaan gaan word nie. Die verslag kon ook nie besonderhede gee oor die behoud van ’n biodiversiteit- en vleiland-afsetstrategie nie. “Mynbedrywighede is belangrik vir die ekonomie, maar moet steeds volhoubare bronbenutting én die bewaring van sensitiewe ekostelsels en ekostelseldienste verseker,” het Morné Mostert, AfriForum se koördineerder vir Limpopo gesê.
“Ons wil die provinsiale departement bedank vir die wyse waarop hulle die impakstudie hanteer het én vir hulle verantwoordelike besluitneming.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube