<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Merkwaardige ouers van gestremde kinders

 
News : 18 Jun 2015 449 Viewed By Amanda Basson 0

LEPHALALE – Verstandelike gestremdheid is neurologiese aandoenings wat verskeie gesinne in ons gemeenskap raak.
Volgens ‘n studie gedoen deur ‘n maat-skaplike werkster, Susanna Johanna Kotze in 2002 (‘n Maatskaplike werkondersoek na gesinpatrone wat ‘n kind met ‘n Serebrale gestremdheid en ‘n Bipolêre versteuring in optimale funksionering beperk) is serebraal gestremdheid een van die mees algemene vorme van neurale gestremdheid. Dit kom by tussen een en drie per 1 000 geboortes voor.
Hierdie toestand is een van die omvangrykste mediese toestande wat bestaan, en daarom sal nie twee persone wat ‘n serebraal gestremdheid het, identiese profiele hê nie. Die graad daarvan kan so lig wees dat dit byna onherkenbaar is, of dit kan matig wees, of selfs so ernstig dat die persoon nie in staat is om te beweeg nie. Die breë omvang van die gestremdheid en die wisselende geaardheid daarvan bemoeilik die diagnose en behandeling, asook die prognose van die toestand.
Vir baie ouers in ons gemeenskap is die sosiale mites en stereotipes wat aan persone met gestremdhede kleef die ergste. “My kind is ‘n pragtige mensie wat net soos ander kinders ‘n behoefte aan aanvaarding en liefde het," sê Jean Visser.
Volgens Jean is dit vir haar bitter moeilik om haar 3-jarige dogtertjie wat serebraal gestremd is in Lephalale groot te maak aangesien daar nie ‘n skool is wat spesialiseer in kleuters met ernstige gestremdhede nie.
Serebraal gestremdheid kan intellektuele inperking, epilepsie, visuele beperkings, gehoor beperkings, voedings probleme, gewrig abnormaliteite, slegte gedrag, kommunikasieprobleme, sosio-emosionele probleme, opvoedings probleme en fisiese gestremdheid tot gevolg hê.
Vir Jean en ander ouers in die dorp is dit absoluut noodsaaklik dat mense in die breër gemeenskap hulle kinders aanvaar. "Mense besef nie aldag hoe belangrik dit is om 'n ondersteuningsnetwerk te hê nie," sê Jean.
“Soms het ek net iemand nodig by wie ek kan ontlaai nadat ek ‘n moeilike dag beleef het.”
Erna de Kock se dogter is 18-jaar oud en lei aan Klippel Feul-sindroom. Volgens Erna is dit absoluut noodsaaklik dat pa's ook tyd met hulle gestremde kinders spandeer.
"Ek is in die bevoorregte posisie om 'n wonderlike man te hê wat tyd maak vir ons dogtertjie," sê Erna.
Volgens Erna deel sy en haar man, Mike, al die pligte in hulle huis en maak hy seker dat hy spesiale tyd saam met sy kind spandeer.
Ouers soos Jean en Erna voel dat die publiek ingelig moet word oor die kompleksiteite van verstandelike inperkinge by hulle kinders.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube