-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Die Potties Stoeiklub in Mokopane het verlede week hul harte oopgemaak teenoor die minderbevoorregte kinders by die Mahwelereng Centre of Hope for the Disabled.
Danie Venter en Ronel Kruis het ’n hele bakkievrag komberse, sokkerballe, rugbyballe, krieket stelle, koekies en ander lekkernye by die sentrum oorhandig.
Glimlagte van die kinders het gespreek van die dankbaarheid vir die ruim skenking.
Mamsy Ledwaba, stigter en bestuurder van die sentrum en haar medewerkers het die Potties Stoeiklub uit hul harte bedank vir die wonderlike gebaar.
Marcelle Maritz, raadslid van die Demokratiese Alliansie (DA) in Mogalakwena, het die sentrum se nood aan die stoeiklub uitgewys.
Die klub het ook vroeër dieselfde week emmers vol heerlike, warm sop aan die sentrum oorhandig.
0 Comments