<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Skoonheid maak 'n verskil

 

The Miss Earth South Africa is a leadership programme that aims to empower young South African women with the knowledge and platform to create a sustainable difference in our plight to combat the destruction of South Africa’s natural heritage. The programme helps to create an awareness of sustainable development, our environment, wildlife and the conservation of our natural legacy in South Africa, and ultimately the preservation of Mother Earth.

News : 03 Jul 2015 49 Viewed 0

STERKRIVIER - Die leerlinge van Sterkrivier Gekombineerde Skool het vandeesmaand ’n nuwe groentetuin en vullisverwyderingstelsel op hulle skoolterrein verwelkom.

"‘n Klein verandering in jou leefstyl kan ‘n groot impak hê op die omgewing. Hierdie projekte leer die jeug om selfonderhoudend te wees op ‘n manier wat ‘n volhoubare en omgewings vriendelike toekoms verseker," sê Milanie Cilliers (21), ‘n oud-skolier van Hoërskool Piet Potgieter en tans ‘n nagraadse student.

Milanie is vanjaar as streek-semi-finalis vir die Mej. Aarde Suid-Afrika (Miss Earth South Africa) leierskapprogram gekies. Die leierskapprogram rus jong vroue toe om ’n volhoubare verskil in hulle gemeenskappe te maak. Daar word van elke semi-finalis verwag om vier projekte te doen in ‘n periode van twee maande, naamlik die aanleg van ’n groentetuin, vullis bestuursprogram by ’n laerskool, die plant van inheemse bome en die insameling van R5 500.

Al woon Milanie tans in Pretoria, wil sy steeds ’n verskil maak in haar eie provinsie en vandaar haar betrokkenheid by die Sterk-rivier Gekombineerde Skool. ’n Groentetuin is aangelê en ‘n vullis bestuursprogram is in plek gesit met die hulp van die Insitucrete Konstruksiespan, Marietjie Lessing, die landskap ontwerper van Legend Golf & Safari Resort en die Legend Foundation (die nie-winsgewende liefdadigheidsorganisasie wat ‘n verskil maak in minder bevoorregtes se lewens). Milanie beplan ook om saam met die Legend Foundation ’n gemeenskap-groentetuin vir die behoeftiges aan te lê. Daar is geen keer aan hierdie "earth warrior" nie!

 

 

 
 

STERKRIVIER - Milanie Cilliers (21), ‘n oud-skolier van Hoërskool Piet Potgieter en tans ‘n nagraadse student is vanjaar as n streek-semi-finalis vir die Mej. Aarde Suid-Afrika (Miss Earth South Africa) leierskapprogram gekies.

STERKRIVIER - Milanie Cilliers (21), ‘n oud-skolier van Hoërskool Piet Potgieter en tans ‘n nagraadse student is vanjaar as n streek-semi-finalis vir die Mej. Aarde Suid-Afrika (Miss Earth South Africa) leierskapprogram gekies. Die leierskapprogram rus jong vroue toe om ’n volhoubare verskil in hulle gemeenskappe te maak. Milanie wil ’n verskil maak in Limpopo en is betrokke by die Sterkrivier Gekombineerde Skool.

STERKRIVIER - Milanie Cilliers (21), ‘n oud-skolier van Hoërskool Piet Potgieter en tans ‘n nagraadse student is vanjaar as n streek-semi-finalis vir die Mej. Aarde Suid-Afrika (Miss Earth South Africa) leierskapprogram gekies. Die leierskapprogram rus jong vroue toe om ’n volhoubare verskil in hulle gemeenskappe te maak. Milanie wil ’n verskil maak in Limpopo en is betrokke by die Sterkrivier Gekombineerde Skool.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube