-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Mikayla Robertse is 'n bekende gesiggie in die dorp nadat sy drie jaar gelede deur 'n Egiptiese kobra op haar hand gebyt is. Sy vier ook hierdie week haar negende verjaarsdag.
Mikayla was in Desember 2011 in die hospitaal opgeneem nadat die giftige slang haar op die plaas, waar hulle gebly het, gebyt het. Alhoewel sy teengif behandeling ontvang het, het die gif baie skade aangerig. Na talle veloorplantings en operasies het Mikayla nie net baie pyn verduur nie, maar ook ‘n hele paar terugslae. Haar vingertjie is amper geamputeer, maar vandag is sy 'n borrelende meisiekind.
Woensdag was al die pyn vergete toe sy haar verjaarsdag saam met haar maatjies gevier het. "Ek is so dankbaar vir die hele dorp wat ons bygestaan het tot vandag toe," het Mikayla se ma Charmaine Robertse gesê.
Die gesin verhuis eersdaags na Witbank.
0 Comments