<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Groot hartseer na skoolkind se dood

 
News : 03 Jul 2015 84 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Die gesin van Mihandri Laboff (17) is in rou gedompel nadat die matriekleerder van Hoërskool Hans Strijdom Maandagaand in haar koshuiskamer in Mookgophong dood aangetref is. Sy het volgens die polisie haar eie lewe geneem.

Boodskappe van medelye en simpatie stroom steeds in op Mihandri se Facebook-bladsy van familie, vriende en kennisse wat haar onthou as ’n sprankelende individu wat net liefde uitgestraal het. Sy laat haar ouers, Johan en Magda, asook haar vier sussies, Clarinda (23), Klarisa (20), Bernice (12) en Dioné (4) agter.

Hoërskool Hans Strijdom se skoolhoof, George Klopper, het Mihandri se dood as ‘n tragedie beskryf en die skool Dinsdag
gesluit. Hy gesê dat berading vir alle leerders en onderwysers beskikbaar is. Hy het op die skool se Facebook-blad gesê dat Mihandri glo sielkundige behandeling ontvang het vir moontlike depressie.

Mihandri se ma, Magda, het die volgende boodskap op haar dogter se Facebook-bladsy gedeel:

"I gave birth to you
Mihandri but you came with no instructions. All I know was that I loved you long before I saw you. I know I made some mistakes and I am sorry, but I was doing the best I could with what I knew. Everything I did for you, I did from love. You are my child, my life, and my dream. I will always love you and there is nothing that could ever destroy my love for you. My Angel, I love you, Mihandri."

Mihandri word Saterdag om 10:00 vanuit die Ou Apostoliese Kerk in Ruiterweg begrawe.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube