-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Groot was die verbasing toe ‘n Mokopane inwoner ‘n afkoopboete kennisgewing in die pos ontvang wat hom van ‘n verkeersoortreding beskuldig sonder dat die voertuig (op die boete se foto aangedui) aan hom behoort.
Philip Bodenstein skud net sy kop in ongeloof nadat die Tlokwe Munisipaliteit hom maan om ‘n boete van R1 500 te betaal vir ‘n sogenaamde spoedoortreding. Die beskrywing van die voertuig (Bodenstein se BMW) verskil egter van die een op die foto onder aan die kennisgewing (‘n vreemde Volkswagen). Nadere ondersoek toon dat die eintlike skuldige se registrasie begin met "JCG". Bodenstein wat wel ‘n BMW besit se registrasie was "JGC" voor hy die voertuig op sy naam geregistreer het. "Dit moes ‘n klerikale fout gewees het," sê hy.
Hy is aangeraai om die boete weg te gooi. Iemand anders het weer gewaarsku om dit onder die owerhede se aandag te bring aangesien só fout hom duur te staan kan kom wanneer boetes heel moontlik in só geval mag ophoop.
Philip Bodenstein van Mokopane met ‘n afkoopboete kennisgewing in sy een hand wat bewys die verkeersowerheid het ‘n fout begaan deur ‘n verkeersoortreding van ‘n ander motoris met ‘n registrasie nommer soortgelyk aan dié van sy BMW te verwar. Die BMW se registrasie plate in sy ander hand voor hy die motor op sy naam geregistreer het. Inlas: Die foto op die afkoopboete kennisgewing is dié van ’n Volkswagen wat nie aan Bodenstein behoort nie.
0 Comments