-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Feesgangers kan hul regmaak vir verskeie produksies tydens vanjaar se 15de KKKF.
Op Donderdag, 6 Augustus is Bok van Blerk en Peter Mitchell te sien in die produksie “Die Boer en Die Skot” in die skoolsaal van Hoërskool Piet Potgieter. Kaartjies vir die vertoning is R200 per persoon vir die eerste vier rye en daarna R150. Die vertoning begin om 18:00.
Vrydag, 7 Augustus kom Frank Opperman aan die beurt in sy eenmanstuk “Die Klaagliedere van Ds Tienie Benade.” Die produksie vind plaas in die skoolsaal van Hoërskool Piet Potgieter. Kaartjies vir die vertoning is R100 per persoon. Die vertoning begin om 18:30.
In die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes se saal gaan Derrich Gardner van RSG op Maandag, 10 Augustus, ‘n spesiale “VAT 5” aanbied vir oud en jonk. Staan ‘n kans om jou gunsteling liedjies te deel saam Derrich op die verhoog. Kaartjies: R100 per persoon. Vertoning 10:00 vir 10:30.
Die KKKF bied ook vanjaar spesiale pakkette aan vir persone wat al drie die produksies wil bywoon:
1) Uitvoerende Pakket: R380 vir al drie produksies – sluit in ‘n sitplek in die eerste vier rye vir die produkies “Die Boer en die Skot”
2) Standaard Pakket: R330 vir al drie produksies. Bespreek noú al jou plek vir dié produksies deur die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes te kontak 015 491 5747.
Die toegang vir die KKKF Feesterrein vir 6-10 Augustus is soos volg:
Donderdag (R50), Vrydag (R80) en Saterdag (R80). ‘n Spesiale drie-dag feestoegang is beskikbaar: R180 vir volwassenes en hoërskool kinders. Kinders: R40 per dag of ‘n spesiale drie-dag feestoegang van net R100.
Nog kunstenaars wat nie moet misgeloop moet nie is Donderdag -
Snotkop, Vrydag - Riana Nel en Dewald Wasserfall en Saterdag - die 1925 Band en Bobby van Jaarsveld.
Sien jou by die 15de KKKF!
0 Comments